Anton Goosen

Liedjieboer

Anton Goosen

Afrikaans Folk rock

Anton Goosen

Anton Goosen het ‘n lang pad gestap vandat hy as student per trein gereis het van Heidelberg waar hy studeer het, na Oos-Londen om ‘n 15-minute set te doen by ‘n plaaslike verskeidenheidskonsert. Die jong Anton Goosen het hoofsaaklik Engelse covers gespeel en dit is nie bekend of enigeen in die gehoor besef het watter impak Anton op die Suid-Afrikaanse musiek bedryf in die algemeen en meer spesifiek die Afrikaanse musiek bedryf gaan hê nie.  Anton bou vir die meeste van die tagtigs voor op die rockgrondslag wat in die laat sewentigs gelê is. Uitgebreide toere deur Suid-Afrika en Namibië volg in die tagtigs en hy verkoop oor die 400 000 plate.  

Dit is al oor die tydperk gesê dat Afrikaanse musiek in twee kategoriee verdeel kan word. Dit wat voor Anton Goosen gebeur het en dit wat na Anton Goosen gebeur het.  Sy gehoor bestaan nou ook uit lede van ‘n nuwe geslag wat nog kinders was toe Anton op die toneel verskyn het. Heelwat van hulle was nog nie eers gebore toe Anton Boy van die suburbs uitgereik het nie. Anton se musiek word nou ook ‘n brug tussen die generasies.Ouderdom maak Anton nie minder beginselvas nie.  

Anton se aptyt vir vernuwing en musikale eksperimente is nog hoeka nie gestil nie en hy doen verskeie optrede oor die land, akoestiese solo en /of met sy bushrockband.

Upcoming Shows

No shows booked at the moment.

Bookings

3 + 13 =

 

For booking inquiries please contact us:

Tel: +27 (0) 82 892 0356
Email: bookings@tobc.co.za